top of page

Vrae

Hoe begin ek?

1

Vul die bestel-vorm in, kies een van 4 opsies (1 maand, 3 maande, 6 maande, of 12 maande), en doen 'n betaling aanlyn. Jy gaan 'n e-pos kwotansie kry en 'Login' besonderhede gaan volg in dan nog 'n e-pos. Add Sunelia op WhatsApp 642041568183 stuur haar n boodskap.

Laai solank die regte App (kyk Apps) vir jou foon en  smart TV.  Maak die gelaaide App oop en kies 'New user' via 'Extreme API'. Jy gaan jou 'Username, Password en URL' in 'n e-pos ontvang wat jy presies hier moet invul.

Laat weet ons of dit 'Werk' of 'Nie Werk Nie'. Ons wil graag weet as jy nie regkom nie, so laat weet ons asseblief. KYK MOOI wat ingetik is, dis omtrent altyd 'n klein dingetjie soos'n tikfoutjie of so iets. 

2

Kan ek my foon gebruik of 'n laptop?

Ja, jy kan die App op 'n klomp toestelle laai en opstel maar jy kan net op EEN op 'n slag kyk per subskripsie. 

Daar is apps vir Apple, en vir Android en 'n app vir 'n laptop. Somige apps werk beter as ander. Ons poog om die betere aan te beveel.  MAXPLYER is 'n relatiewe nuwe App wat mooi werk vir amper alle toestelle.

3

Hoe werk die kostes en stelsel?

Dit werk maand-tot-maand (byvoorbeeld 20 Nov tot 20 Des). Die stelsel sit jou automaties af teen die einde van jou subskripsie.

Kostes is in AUD $ aangesien daar geld ruil bankkostes betrokke is vir almal wat nie in NZ is nie.  Vir die Nieu Zeelanders woon kan "reoccurring payments" opstel (bank besonderhede is op die bestellings bladsy) en so die geld ruil fooie vermy.  Ongelukkig betaal almal anders buite NZ in AUD $ deur gebruik te maak van ons webwerf.  

Vir die Afrikaners wat in Suid Afrika woonagtig is daar 'n Nebank rekening beskikbaar om in SA Rande te betaal.

​​

Ons doen dinge self (manually) omdat automatiseering ook 'n redelike groot kommissie neem en kostes verder sal opjaag.  So, ons kies om 'n bekostigbare persoondelike diens te lewer :-)

4

Help julle ander Afrikaaners?

Ja, saam doen ons. Ons volg die Wet van onse Groot VADER en HY verwag van ons om na die arme weduwee, ou mense en wees kinders te kyk.

Daar is subskripsie opsies met donasies beskikbaar. Kykmet tel al die donasies bymekaar, verdubbel of trippel dit, en rond dit af na 'n ronde getal. Die geldjie word maandeliks oorbetaal aan instansies soos Aquafer - sien 'Help ons Volk' bladsy. Hierdie donaies is klein, nie eens 'n halwe koffie nie maar tel alles op en maak 'n baie groot verskil in hierdie mense se lewens.  

Kyk asseblief na die 'Help ons Volk' bladsy. 

bottom of page